By die
"La Spezia - S. Stefano Magra" tolhuis, vat hoofweg nommer 370
“Litoranea delle Cinque Terre” en sodra jy in die dorp is, beweeg voort
na die seefront in die rigting van Cinque Terre-Portovenere.
Na die La
Spezia Arsenal, vurk die pad. Gaan reguit aan teen die bult op na
Manarola en Riomaggiore, in die rigting van Cinque Terre. Daarna volg
Riomaggiore, Manarola, Corniglia, Vernazza en Monterosso die een na die
ander.
Per trein
Die Cinque
Terre landstreek word gekenmerk deur hoë heuwels wat oor die see uikyk.
Daarom is die straatjies nou en steil met baie kinkels en draaie. Daar
is baie min parkeerplek, en die middestad is gesluit vir verkeer.
Weens al
hierdie redes is die trein die mees ideale manier van vervoer om die
Cinque Terre te besoek.
Spoorweg lyne na the Cinque Terre
Die trein
loop: Rome – Genoa – Turin.
Sowel as: Bologna – Parma – Genoa.
Die streekstrein vertrek elke 40 minute vanaf La Spezia en stop by al
die klein dorpies in Cinque Terre.
As jy vanaf la Spezia vertrek, is Riomaggiore die eerste dorp wat jy sal
teekom.
Kyk gerus na die skedule by:
www.trenitalia.com
Die naaste lughawens
Pisa Lughawe
(afstand 85 km)
Vanaf die Pisa lughawe kan jy maklik die Cinque Terre (5 Terre) bereik
per trein. Daar is ook ‘n bussie wat vanaf die lughawe na die Pisa
Spoorweg Stasie loop.
Vir die wat verkies om ‘n motor te huur, die naaste tolhuis vanaf die
lughawe is die Pisa Centro, op die motorweg Livorno-Sestri
Levante-Genoa, wat maklik bereik kan word deur die groen bordjies langs
die pad te volg.
Genoa Lughawe
(afstand 110 km)
Vanaf Genoa lughawe can jy by Cinque Terre (5 Terre) kom per train, op
die Genoa-La Spezia lyn.
Die
lughawe word gekoppel met die spoorweg stasie deur ‘n bus diens. (wat
nie so gereeld loop nie). Die taxi diens is gelukkig meer betroubaar.
Indien jy
‘n kar huur kan jy maklik die ingang tot die motorweg bereik in slegs
twee minute.
Van daar
af vat Motorweg A10 en A12 jou na Cinque Terre (die rit vat 1 uur en 30
minute).
Die
toeriste wat ons wil ontmoet by Hotel Clelia Logis International in
Deiva Marina, tussen Portofino en Cinque Terre, kan dit maklik bereik
per trein of kar. Deiva Marina het ‘n tolhuis en ‘n spoorweg stasie, en
ons Hotel het gratis parkering. Hotel Clelia kan jou ook kom oplaai by
die lughawe.



Hotel Clelia - Deiva Marina
tussen Portofino en Cinque Terre
www.clelia.it
Tel. +39 0187 82626
Fax. +39 0187 816234
info@cinqueterre.co.za
